77 Verdagtes die naweek in Mpumalanga aangekeer

Loading player...
'n Totaal van 77 mense is die afgelope naweek in Mpumalanga gearresteer as deel van “Operasie Siyavutha”. Volgens die polisie sluit die oortredings onder meer moord, poging tot moord, roof, aanranding, besit van onwettige wapens en ammunisie en oortreding van die Wet op Immigrasie in. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, sê meer as 2 385 persone en 815 voertuie is vanaf Vrydag tot Sondag deursoek. Twee onwettige drinkplekke in Ehlanzeni-distrik is ook gesluit.
29 May 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min