Action SA-lid verkla ANC-lid na beweerde aanranding by 'n begrafnis in Barberton

Loading player...
‘n Lid van Action SA het ‘n saak van aanranding geopen omdat hy na bewering Saterdag tydens 'n begrafnis in Barberton deur 'n ANC-lid aangerand is. Bonginhlanhla Khumalo was aanvanklik ‘n LGBTQ+-koördineerder vir die ANC, maar het intussen by Action SA aangesluit. Thoko Mashiane, die voorsitter van die party in Mpumalanga, sê dit is tekenend van die regerende party se houding jeens kwesbare minderhede.
22 May 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min