DA bekommerd oor kragopwekkers by Mpumalanga-hospitale

Loading player...
Die ANC het gister in die provinsiale wetgewer teen ‘n DA-mosie gestem om te verseker dat elke gesondheidsfasiliteit in die provinsie ten minste een funksionerende kragopwekker het en dat hulle gereeld nagesien word. Dit volg na Middelburg-hospitaal die naweek ‘n kragopwekker moes leen om tydens beurtkrag te funksioneer nadat sy eie opwekker onklaar geraak het. Volgens Jane Sithole het die geleende opwekker van Bethal eers Maandagaand gearriveer. Sy sê dit stel lewens in gevaar, terwyl die ANC verkies om eerder kleinlike politiek te speel.
19 May 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min