TRAC veroordeel geweldadige proteste op die N4

Loading player...
TRAC het die geweldadige betogings op die N4 veroordeel weens die veiligheidsrikisiko aan padgebruikers en skade wat aan eiendom aangerig is.
Volgens kommunikasiebestuurder, Solange Soares, is die N4-tolpad tussen die Balmoral-wisselaar en die N4/N12-vurk naby eMalahleni (Witbank) sedert Dinsdagaand weens geweldadige diensleweringsproteste gesluit. Vragmotors is onder andere aan die brand gesteek.
Soareas sê TRACAssist het ‘n deel van die pad afgesper as ‘n voorsorgmaatreël. Hulle is ook op die toneel om verkeer te herlei. TRAC raai padgebruikers aan om die area te vermy tot die kwessie opgeklaar is.
11 May 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min