Voortvlugtige renosterstroper in Kabokweni aangekeer

Loading player...
‘n Vermeende renosterstroper wat voortvlugtig was voor die gereg is Saterdag in Kabokweni met behulp van ‘n wenk van die publiek her-aangekeer. Odis Maluleke is aanvanklik in 2015 gearresteer toe hy en drie ander die Krugerwildtuin probeer binnegaan het met onder meer ‘n jaggeweer. Hy is borg toegestaan en het verdwyn tot hy in 2019 herarresteer is saam met drie ander verdagtes in die wildtuin met twee renosterhorings in hul besit. Hy is weer borg toegestaan en het weer versuim om hofverrigtinge by te woon. Maluleke het gister in Mhala verskyn. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, bly hy in aanhouding tot hy op 18 Mei in Skukuza verskyn.
9 May 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min