SA herroep ramptoestand oor beurtkrag

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse regering sê die nasionale ramptoestand oor elektrisiteit was 'n noodsaaklike reaksie op die kritieke vlakke van beurtkrag wat die ekonomie en kwesbare sektore beïnvloed het. Die ramptoestand is vandag amptelik beëindig nadat President Cyril Ramaphosa dit in Februarie ingestel het ter ondersteuning van die Energie-aksieplan. Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Thembi Nkadimeng, het aan die media gesê die onlangse vordering met die versagting van beurtkrag het bygedra tot die besluit om die ramptoestand te herroep.
5 Apr 2023 10AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Marcel Theron gesels met Mike Bolhuis oor Veediefstal

Veediefstal bly 'n wesenlike probleem, plaaslik en elders. 🐄🚨 Watter raad het Mike Bolhuis teen veediefstal en stropery? 🕵️‍♂️⚖️ Bolhuis, 'n spesialis ondersoeker in ernstige geweld-, ekonomiese- en kubermisdade, gee insig op Kosmos 94.1 tussen 11:00 en 12:00. 📻🕚
20 Aug 6AM 6 min

Anette Rheeder gesels oor Bio-Strath

Hierdie week vertel Anette Rheeder meer oor Bio-Strath – en hoekom dit ’n produk is waarvan elkeen kan baat vind. Bio-Strath is beskikbaar in vloeistof- of tabletvorm by jou naaste apteek. Vir produk- of gesondheidsnavrae kan jy gerus ’n e-pos stuur na info@sanatural.co.za – ons help jou graag verder!
20 Aug 4AM 11 min

Wat om te doen as ’n geliefde vermis raak – wenke van Mike Bolhuis

Ons hoor al hoe meer in die nuus van mense wat 'wegraak' 😟. Wat staan 'n mens eerste te doen as 'n geliefde vermis raak en 'n belangrike toep om af te laai.❓ Mike Bolhuis, spesialis ondersoeker in ernstige geweld ⚖️, ekonomiese 💰 en kubermisdade 💻, gee insig op Kosmos…
13 Aug 6AM 2 min