TRAC gereed vir besige Paasnaweek

Loading player...
TRAC verwag verkeersvolumes op die N4 om beduidend te verhoog tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo hierdie Paasfees. Verwagte piektye is Donderdag vanaf 11-uur, sowel as Vrydag en Maandag heeldag. TRAC se bewusmakingsveldtog oor padveiligheid asook hul vinnige reaksie is van Donderdag tot Dinsdag in plek. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê reisigers moet fyn beplan omdat veral grensposte bàie besig is oor die Paasnaweek. Die 24-uur hulplyn is 365 dae beskikbaar aan alle padgebruikers in enige noodgeval.
4 Apr 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min