We Care 4 Nelspruit glo deur munisipalte werkers gedreig

Loading player...
TJ Maré van We Care for Nelspruit voer aan dat werknemers van Mbombela-munisipaliteit vanoggend sy werkspanne se lewens gedreig het, omdat hulle kwansuis hulle hul werk kos. Die spanne is oudergewoonte besig om 'n middelman in die stad netjies te maak. Maré was nie teenwoordig nie. Volgens hom het sy span hom gebel met ide nuus dat 'n man en twee vroue met 'n bakkie wat duidelik gemerk is as Mbombela se vullisverwydering by hulle gestop het, en gedreig het om hulle dood te laat maak as hulle aanhou werk. Maré sê daar was in die verlede 'n soortgelyke voorval waartydens 'n man sy toerusting by hom probeer afneem het. Hy sê hulle lewer 'n diens en sal nie afgeskrik word nie.
3 Apr 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min