Polisie vra kalmte ná dodelike taxi-geweld in Oakley

Loading player...
‘n Taxibestuurder is dood en drie mense gewond in taxi-geweld in Oakley naby Bosbokrand. Volgens die polisie het 'n geskil tussen lede van taxi-verenigings tot die beweerde kruisvuur gelei. Die 41-jarige July Shabangu is geskiet en het in die Matikwana-hospitaal aan sy wonde beswyk. Twee ander taxi-bestuurders en 'n burgerlike is gewond. Die polisie-woordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sê sowat 15 minibusse is beskadig en een is aan die brand gesteek. Die polisie is op 'n hoë gereedheids-grondslag geplaas.
30 Mar 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min