Pumas vanaand gashere vir Griekwas

Loading player...
Die Airlink Pumas speel vanaand tuis teen die Griekwas in die Curriebeker, hul eerste kragmeting in die kompetisie sedert die pienktruie die Poubloues in verlede jaar se eindstryd geklop het. Die tuisspan is vanjaar sover onoorwonne en het verlede week tuis met 34-27 met die Leeus afgereken. Die Griekwas behoort wel vol selfvertroue te wees na hul 48-40 wen oor die besoekende Sharks in die vorige ronde. Vir vanaand is Tinus de Beer terug in die span, maar Sebastiaan de Klerk sal vir ses weke uit wees weens ‘n besering. Voorryafrigter Corné Steenkamp:
24 Mar 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min