Borgtog vir drie wat Eskom glo bedrieg

Loading player...
# 'n Voormalige Eskom-werknemer en 'n ma en seun is in die Hendrina-landdroshof op borgtog vrygelaat nadat hulle Eskom glo uit byna R15 miljoen bedrieg het. Rabela Sara Jones en Godfrey Jason Jones het gister saam met Thandeka Nkosi verskyn op aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery. Nkosi en Godfrey is elk borgtog van 100-duisend-Rand toegestaan. Rabela het weens 'n gesondheidstoestand borgtog van 30-duisend-Rand gekry. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, sê die saak is uitgestel tot 5 Mei.
23 Mar 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min