Plaasaanvalle steeds hoog, arrestasies en vertroue in polisie laag

Loading player...
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanoggend sy jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 bekendgestel. Volgens AfriForum is dit kommerwekkend dat slegs 33-persent van moordverdagtes in hegtenis geneem word. Volgens die verslag het die aantal plaasaanvalle die afgelope jaar afgeneem vanaf 415 aanvalle en 55 moorde in 2021 na 333 aanvalle en 50 moorde in 2022. In Mpumalanga is ses mense in aanvalle dood.
Jacques Broodryk, die woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, sê egter dat gevalle toenemend nie aangemeld word nie weens die publiek se lae vertroue in die polisie.
28 Feb 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min