Polisie red onwettige immigrante van mensehandel in Kamagugu

Loading player...
Negentien burgers van Bangladesh is gister deur die polisie in Kamagug van mensehandelaars gered.
Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die Ehlanzeni Intelligensie taakspan het die deurbraak gemaak.
Die 19 mans was in 'n drie-slaapkamer huis en hul selfone is by hulle afgeneem.
'n 52-jarige Bangladeshi man wat as die huishoudster gewerk het, is gearresteer op aanklagte van mensehandel. Die 19 slagoffers word aangekla vir oortreding van die wet op immigrasie.
28 Feb 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min