Premier sê bywette moet afgedwing word om toekomstige tragedies te verhoed

Loading player...
# Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê swak infrastruktuur en mense wat in vloedgebiede woon het die skade vererger wat aangerig is tydens die oorstromings die afgelope weke. Paaie, brûe, skole, huise, plase, en waterwerke is regoor Ehlanzeni-distrik beskadig. Skoolgaan is in Nkomazi ontwrig. Mtshweni-Tsipane het Saterdag die gebiede in Mbombela en Nkomazi wat die ergste geraak is, besoek. Volgens die premier moet die afdwing van munisipale bywette verbeter om tragedies in die toekoms te vermy.
20 Feb 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min