Polisiebeampte in Mpumalanga gearresteer vir vermeende voertuigkaping

Loading player...
'n Polisiesersant verskyn vandag in die hof saam met vyf vermeende medepligtiges in eMalahleni op aanklagte van voertuigkaping en besit van gesteelde goedere.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het die Middleburg-blitspatrollie Maandag op 'n wenk reageer en 'n vragmotor wat in Elsburg gekaap is by 'n kleinhoewe in Clewer gevind. Sleepwaens gelaai met kookolie met ‘n geskatte waarde van 1,3-miljoen-Rand is ook op die perseel gevind sowel as 'n Toyota Hilux Dakar-bakkie wat vyf jaar gelede in Garsfontein gesteel is.
Die 43-jarige sersant is by Vosman gestasioneer.
1 Feb 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min