Twee in hof vir moord op Mkhondo-raadslid

Loading player...
Die twee mans wat aangekla word van die moord op die ANC-raadslid
Sbonelo Mthembu Ntshangase in Mkhondo-munisipaliteit ,bly in aanhouding tot hul borgaansoek op 30 Januarie. Blessing Nhlakanipho Ntombela (30) en En Blessing Bongani Dlamini (38) het gister vlugtig in die hof in Piet Retief verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord. Hulle is Sondag aangekeer dat hulle na bewering Ntshangase sowel as Sandile Khumalo (51) en Sizwe Mbingo (40) doodgeskiet het voor Ntshangase se huis. Mpumalanga polisiekommissaris luit. gen. Semakaleng Manamela het die gemeenskap geloof vir hul bystand met die ondersoek.
24 Jan 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min