91,6-persent van matrieks slaag in Mbombela

Loading player...
Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend die gedetaileerde provinsiale uitslae vir die provinsie by die Universiteit van Mpumalanga bekendgemaak. Die matrikulante van 2022 het ‘n slaagsyfer van 76,8% in Mpumalanga behaal, ‘n verbetering teenoor 2021. Landwyd het 80,1% van die gr. 12’s wat die eindeksamen afgelê het, geslaag. Hoërskool Middelburg is aangewys as die provinsie se top-skool. Majuba sê elk van die vier distrikte het ‘n verbetering getoon. Die beste kring in Ehlanzeni is Mbombela met 91,6%.
20 Jan 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min