VF Plus maak kapsie teen oortydbetalings in Mbombela-munisipaliteit

Loading player...
Die VF Plus sê hy sal druk toepas dat daar by die voorgeskrewe oortydbegroting gehou word in Mbombela-munisipaliteit. Volgens Freddy Robertson betaal inwoners maandeliks sowat R14 miljoen aan oortydvergoeding vir munisipalte werknemers. Hy voer aan dat sommige werknemers in die vullisverwydering-, parke- en begraafplaas-afdelings meer ure oortyd per dag eis as wat die wet op basiese diensvoorwaardes voorskryf. Hy sê departementshoofde wat hul plig versuim om behoorlike beheer uit te oefen, moet aangekla word en indien skuldig bevind, summier afgedank word
19 Jan 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min