Moord op raadslid in Mkhondo veroordeel

Loading player...
Die LUR vir Samewerkende Regering in Mpumalanga, Mandla Msibi, sê hy is geskok oor die moord op ‘n tweede raadslid van Mkhondo-munisipaliteit. Dit volg op die skietdood Vrydagaand van Sbonelo Mthembu, ‘n ANC-raadslid. Nog ‘n raadslid, Muzi Manyathi, is op 4 November vermoor.
Msibi is bekommerd dat die munisipaliteit ‘n brandpunt word vir politieke moorde. Hy pleit vir kalmte onder inwoners en sê die plaaslike regering kan nie in so ‘n klimaat funksioneer nie.
Die DA het ook sy stem gevoeg tot die oproep tot aksie teen die moorde op raadslede. Irene Brussow, die koukusleier van die DA, sê haar party pleit reeds geruime tyd by Msibi om in te gryp by die munisipaliteit waar magstruwelinge volgens haar onhoudbaar word.
17 Jan 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min