Polisie-afvaardiging besoek Piet Retief na moord op Mkhondo-raadslid

Loading player...
Die minister en adjunkminister van polisie, Bheki Cele en Cassel Mathale, besoek vandag saam met die nasionale kommissaris, generaal Fannie Masemola, Piet Retief. Dit volg op die moord Vrydagaand van Sbonelo Mthembu ‘n ANC-raadslid in Mkhondo-munisipaliteit. Hy is in die Longhomes-informele nedersetting saam met twee ander mans deur drie gewapende verdagtes doodgeskiet. Dit is die tweede geval in etlike maande dat ‘n raadslid vermoor word. Die polisiebestuur sal misdaadpatrone en ingrypingsplanne vir geweldadige misdade in die area bespreek en die families van die slagoffers besoek.
16 Jan 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min