Twee vermeende sakerowers verskyn in Nkomazi

Loading player...
Twee verdagtes wat Dinsdagoggend glo ‘n kitsbank in Hazyview beroof het, verskyn vandag in die Nkomazi-landdroshof in Tonga. Hulle is naby Komatipoort deur ‘n multidissiplinêre-taakspan vasgetrek. Volgens Kolonel Donald Mdhluli word hulle moontlik met verskeie ander sakerowe en transitorooftogte regoor die provinsie verbind. Hulle was glo in besit van ‘n pistool en plofstof sowel as ammunisie vir die pistool en ‘n R5-aanvalsgeweer. Nog arrestasies word verwag.
12 Jan 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min