Mpumalanga tevrede met verloop van eerste skooldag

Loading player...
Die Mpumalanga departement van onderwys sê hy is tevrede met die verloop van die eerste skooldag gister. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê ongeveer 120-duisend graad eens het hul skoolloopbaan in die provinsie begin. Volgens hom het alles vlot verloop in die meeste skole. Ten minste 1-duisend-200 graad eens en meer as 2-duisend graad agts het voor die eerste skooldag nog op plek in skole in Mpumalanga gewag.
12 Jan 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min