Komatipoort-ryer nou sewende in Dakar

Loading player...
Die Fransman Sebastian Loeb het gister die negende skof van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië ingepalm, sy derde trajek-oorwinning vanjaar. Die negemalige wêreldkampioenman is nou algeheel derde en elf minute nader aan Nasser Al Attiyah van Katar wat 'n algehele reuse-voorsprong van 1 uur en 21 minute het.
Die Suid-Afrikaners, Henk Lategan en Brett Cummings is tans algeheel in die vierde plek met hul landgenote, Giniel de Villiers en Dennis Murphy in die vyfde plek.
In die T3-klas het die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy medebestuurder Leander Pienaar gister vyfde geëindig om nou algeheel sewende te lê.
11 Jan 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min