Mpumalanga aanvaar voorstel om verlate myne te rehabiliteer

Loading player...
Die Mpumalanga wetgewer het ‘n voorstel van die VF Plus aanvaar om opgehoopte gelde van sowat 17,5-miljard-Rand aan te wend om verlate myne te rehabiliteer.
Die opgehoopte fondse is afkomstig van die finansiële voorsiening wat maatskappye in plek stel voordat mynbou begin sodat die regering dit vir rehabilitasie kan benut, sou dit nodig wees.
Werner Weber sê die meeste verlate myne in Mpumalanga word nie as wettig gesluit beskou nie en die geld kan daarom nie aangewend word nie.
Volgens Weber dek die fondse net minder as 6-duisend prospekteerregte, mynpermitte en mynregte.
22 Nov 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min