LUR hou saam met adjunkminister oorsigbesoek aan eksamenlokaal

Loading player...
Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vandag saam met die adjunkminister van basiese onderwys, dr. Reginah Mhaule, die graad 12 eindeksamen in Mpumalanga gemonitor. Hulle het Dlomodlomo Sekondêr in Elukwatini besoek.
Mhaule sê die eksamen verloop sover vlot in die provinsie - met die uitsondering van sporadiese protesoptrede wat plek-plek leerlinge verhoed het om vraestelle te skryf.
17 Nov 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min