Bontle se vermeende moordenaars borgtog geweier

Loading player...
# Die saak teen die vyf mense wat daarvan aangekla word dat hulle die sesjarige Bontle Mashiyane in Mei in Masoyi vermoor het, is die week in Kabokweni borgtog geweier. Sy het op 30 April vermis geraak by haar huis en haar verminkte, ontbindende lyk is drie weke later gevind. Ntombi Mgwenya, Collen Hlongwane, Thapelo Ngomane, Samuel Tsela en Philasande Tsela word aangekla van ontvoering, verkragting, moord en regsverydeling. Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa:
13 Oct 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min