Mpumalanga is gereed vir rekordaantal matrikulante wat vanjaar eindeksamen skryf

Loading player...
'n Rekordaantal voltydse graad 12-leerlinge skryf vanjaar weer die matriekeindeksamen in Mpumalanga. Dit skop op 31 Oktober af.
Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend in Bethal die gereedheid van sy departement aangekondig. Hy sê die eksamens verloop sedert 2010 sonder voorval in die provinsie. Amptelik is die mikpunt van die department 'n slaagsyfer van 83-persent - op van 73-komme-ses-persent in 2021.
Majuba het die 71-duisend-582-leerlinge aangemoedig om beter te vaar.
11 Oct 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min