R50 000 beloning vir inligting na Duitse toeris doodgeskiet is

Loading player...
Die Kruger-Laeveld-sakekamer het ‘n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting oor die verdagtes wat gistermiddag ‘n Duitse toeris tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet het. Volgens die polisie was ‘n groep van vier toeriste van Duitsland om ongeveer 16:30 op die R538 Numbi-pad onderweg na die Numbi-hek van die Krugerwildtuin. Drie gewapende mans in ‘n VW Caddy het hulle voorgekeer en probeer kaap. Die bestuurder het die voertuig se deure gesluit en is deur die venster geskiet. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het die verdagtes gevlug sonder om iets te steel.
4 Oct 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min