Meer as net ‘n fliek in pajamas!

Loading player...
Finesse Voelgoed bied binnekort weer hulle “Fliek in pajamas”-geleentheid aan. Natuurlik kan so ‘n aand nie verbygaan sonder dat daar nie teruggeploeg word nie. Solidariteit Helpende Hand se Boesemvriendinneprojek baat by die geleentheid. Venessa Schoeman, handelsmerkbestuurder van Voelgoed Media en René Roux, Helpende Hand se adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie, gesels nie nét oor die geleentheid nie, maar ook oor hoe hulle paaie gekruis het. Hulle verduidelik ook hoe elkeen nie net alleen nie, maar ook saam, ‘n verskil maak.
29 Sep 2022 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Bernice West oor ma-wees en nuwe musiek

“Dit bly ʼn groot voorreg, die voorreg om lewe te kan bring in hierdie wêreld is amazing. Elke keer wanneer ons vir Lua kyk, is daar ʼn gevoel wat mens nie kan verduidelik nie.”
22 Aug 4 min

‘Elke liedjie vertel eie storie,’ sê Jaid River

“ʼn Mens moet eintlik met oorfone na die liedjie luister, want dan kan jy ervaar hoe kitaarklanke eers in die een oor, dan in die ander opklink. Presies asof die klank deur toutjies van die een kant na die ander getrek word.”
14 Aug 9 min

KKNK-verhoog rede vir haar musiekdroom

“Toe my voete op daardie verhoog land, het ek geweet musiek is wat ek wil doen. Ek is baie bevoorreg en geseënd dat ek my musiekdroom voltyds kan najaag.”
14 Aug 8 min