Meer as net ‘n fliek in pajamas!

Loading player...
Finesse Voelgoed bied binnekort weer hulle “Fliek in pajamas”-geleentheid aan. Natuurlik kan so ‘n aand nie verbygaan sonder dat daar nie teruggeploeg word nie. Solidariteit Helpende Hand se Boesemvriendinneprojek baat by die geleentheid. Venessa Schoeman, handelsmerkbestuurder van Voelgoed Media en René Roux, Helpende Hand se adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie, gesels nie nét oor die geleentheid nie, maar ook oor hoe hulle paaie gekruis het. Hulle verduidelik ook hoe elkeen nie net alleen nie, maar ook saam, ‘n verskil maak.
29 Sep 2022 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

ADHD dikwels eers in volwassenes raakgesien 

Vir baie mense kom ʼn ADHD-diagnose eers in volwassenheid, nadat jare se uitstel, wanorganisasie en oorweldiging begin opstapel. ʼn Kenner sê die simptome was dikwels reeds in die kinderjare daar, maar is eenvoudig nie raakgesien of begryp nie. 
10 Jun 40 min

Wynand Strydom wil herkoms bewaar met nuwe album

“Ek wil mense graag weer herinner aan waar ons vandaan kom. Nie om in die verlede te leef nie – ek dink dit is belangrik om op die toekoms te fokus – maar eerder sodat mense besef dat ons voorouers ons die geleentheid gegee het om te wees wie ons…
5 Jun 8 min

Carley se musiek word saam met haar groot 

Carley se jongste enkelsnit, “Wag vir jou”, is meer as net nog ʼn liedjie. Ná haar oorwinning in ʼn talentkompetisie, ʼn droomreis wat wink en selfs ʼn rol in ʼn internasionale huldeblykvertoning, wys die 18-jarige sangeres dat haar musiek saam met haar grootgeword het.
5 Jun 8 min