Mbombela-stadion amper uitverkoop voor All Black-toets

Loading player...
Mbombela-stadion verwag om binne die volgende twee weke alle kaartjies na die Springboktoets teen die All Blacks uit te verkoop.
Die wedstryd is op 6 Augustus.
Stadion-bestuurder, Roelf Kotze, sê hy verwag ‘n vol stadion. Slegs van die R1 000 kategorie-kaartjies is nog beskikbaar.
Hy raai plaaslike inwoners aan om hul kaartjies by die stadionkantoor te koop, sodat hulle kan kies presies waar hulle wil sit.
Alle beperkings op bywoning asook vereistes vir soos toetse of inentings is verlede week opgehef.
28 Jun 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min