Man kry twee keer lewenslank vir Mjejane-verkragting en moord

Loading player...
Die 40-jarige Hendrick Nicholas Janse van Rensburg is gister twee lewenslange vonnisse opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Jy het in Oktober 2019 die 20-jarige Andiswa Zitha met ‘n houtlepel verkrag en by Mjejane naby Komatipoort agtergelaat. Sy is die volgende dag in Tonga-hospitaal aan haar beserings dood. Janse van Rensburg is twee jaar later in ‘n drinkplek in Kamhlushwa aangekeer. Volgens Brigadier Selvy Mohlala sal hy sy twee vonnise gelyklopend uitdien.
22 Jun 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min