Hemelvaart

Loading player...
Psalm 24
'n Psalm van Dawid.
Die aarde en alles wat daarop is,
die wêreld en dié wat daar woon,
alles behoort aan die Here,
want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê
en dit stewig gevestig in die waters.
Wie mag die berg van die Here opgaan
en wie mag in sy heiligdom gaan staan?
Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is,
wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.
So iemand sal van die Here seën ontvang,
en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.
Die mense wat na sy wil vra en Hom dien,
is die geslag van Jakob.
Sela
Verbly julle, poorte,
wees bly, eeue-oue deure,
want die magtige Koning wil ingaan!
Wie is hierdie magtige Koning?
Die Here, sterk en geweldig,
die Here, oorwinnaar in elke stryd.
Verbly julle, poorte,
wees bly, eeue-oue deure,
want die magtige Koning wil ingaan!
Wie is Hy, hierdie magtige Koning?
Die Here, die Almagtige,
Hy is die magtige Koning.
3 Jun 2022 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Kom volg My

Vandag gesels Braam Klopper en Sebastian van Dyk oor die tema: kom volg My
15 Aug 20 min

The life of David

Braam Klopper and Jackie Barker is discussing the life of David
18 Jul 22 min

King Saul

In today's Searching the Scriptures, Braam Klopper and Jackie Barker talks about King Saul - there is more to him than people realize
11 Jul 21 min

Dra jou eie kruis... dis bevrydend!

Braam Klopper en gaste, Sebastiaan van Dyk en Michelle van Tonder gesels oor die tema: dra jou eie kruis want dis bevrydend - Luk 14: 25 - 35
4 Jul 20 min