Adjunk-direkteur in rampbestuur vas oor bedrog met beskermende kleredrag in Mpumalanga

Loading player...
Die adjunk-direkteur van Rampbestuur in die Mpumalanga Departement van Samewerkende Regering is Maandag aangekeer vir borgtog en oortreding van die Wet op openbare finansiële bestuur.
Raymond Manzini word beskuldig dat hy onregmatig ‘n kontrak vir Beskermende Kleredrag toegestaan het aan Zalabantu Estate Trust, die maatskappy van sy vriend, Moses Ndlovu.
Manzini het hom finansiëel gehelp om dit te lewer en Ndlovu het daarna ses-miljoen-Rand in Manzini se broer, Chris, se bankrekening terugbetaal.
Die drie het gister in die Nelspruit-hof verskyn. Elk is borg van 15-duisend-Rand toegestaan. Hulle verskyn weer op 28 Julie. Volgens die Valke word nog arrestasies verwag.
31 May 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min