Reeksmoordenaar kry vierde keer lewenslank

Loading player...
Die reeksmoordenaar, Shaun Oosthuizen (42), is gister in die Pretoria-streekshof ‘n vierde lewenslange vonnis opgelê vir moord. Oosthuizen dien reeds drie lewenslange vonnise uit vir die moord op Hetta Potgieter in Nelspruit, Engela van Wyk in Springs en Barbara Fenton in Alberton.
Volgens die Valke se Kaptein Dineo Sekgotodi het hy later teenoor ondersoekers die moorde op
Ema Gossen in Sunnyside in 2015 en Lillas Merry in Roodepoort erken, waarvoor hy gister nog ‘n lewenslange vonnis opgelê is. In Totaal moet hy ook 80 jaar sit vir roof met verswarende omstandighede.
17 May 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min