Polisievrou en haar suster in Kanyamazane vermoor

Loading player...
Twee susters is gisteraand in Kanyamazane doodgeskiet deur die een se mansvriend. Volgens Brigadier Selvy Mohlala het die verdagte en sy vriendin, Marcia Mazibuko, ‘n argument gehad. Haar suster, ‘n polisiesersant verbonde aan die Ngodwana-stasie, het tussenbeide getree. Die man het sy vriendin later geskiet in die kar waarin sy probeer vlug het. Sersant Pretty Mazibuko is in die huis geskiet voor die verdagte gevlug het. ‘n Mannejag is geloods. Polisie vra dat Rassie Nkuna hul kontak, aangesien hulle glo hy hulle in die ondersoek kan help.
16 May 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min