Polisiebeampte vasgetrek met vermeende gesteelde goedere

Loading player...
‘n Polisiebeampte is in Kabokweni aangekeer op klagte dat hy in besit was van gesteelde goedere, na dakkappe, tydens 'n kaping by Phola Park gesteel is, glo in sy besit gevind is.
‘n Vragmotor wat dit vervoer het, is op 6 Mei gekaap. Die items is by die 49-jarige AO Elvis Oswald Chirwa se huis gevind.
Hy het Maandag in die hof verskyn en sal Vrydag om borgtog aansoek kan doen.
Verder is ‘n man gister op die N4 naby Malalane vasgetrek met ‘n karvrag vol dagga. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sal die 33-jarige verdagte vandag in die hof in Matsulu verskyn.
11 May 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min