Nog ‘n skool brand in Mpumalanga

Loading player...
Die provinsiale departement van onderwys is bekommerd oor toenemende diefstal en beskadiging van skool infrastruktuur.
Dit na ses klaskamers met meubels en leermateriaal by Hluvukani laerskool in Agincourt Maandagoggend aan die brand gesteek is.
Volgens 'n woordvoerder, Gerald Sambo, heers daar reeds weke proteste oor dienslewering in die area wat onderrig onderbreek het.
Hy sê tydelike klaskamers sal verskaf word om onderrig vir nou moontlik te maak.
10 May 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min