Kommer oor brandbestryding in Mpumalanga-munisipaliteit

Loading player...
Die VF Plus in Mpumalanga sê hy oorweeg die moontlikheid van strafregtelike klagte teen diegene wat verantwoordelik is vir die verskaffing van brandweerdienste in Dipaleseng-munisipaliteit.
Volgens Raadslid Carel Pienaar beskik die munisipaliteit die afgelope vier jaar oor geen brandweerwa in ‘n werkende toestand nie.
Verlede week het 'n huis in Balfour afgebrand ten spyte van die gemeenskap se pogings om dit te red.
Pienaar sê rampbestuur in die munisipaliteit is in ʼn haglike toestand met geen voertuie, minimale personeel en geen brandbestrydingstoerusting nie.
10 May 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min