Lefpa gereed vir Laeveld brandseisoen

Loading player...
Die Laeveldse brandseisoen is om die draai, en dit is daarom nou die tyd om vir dit voor te berei. Só sê André Scheepers van die Laeveld Brandbeskermingsvereniging (Lefpa).
Brandseisoen is amptelik vanaf 1 Junie tot einde Oktober, wanneer almal permitte benodig om voorbrande te mag doen, wat eiendom teen die verspreiding van brande beskerm, indien een sou ontstaan.
Na twee somers se bogemiddelde reënval is daar baie brandmateriaal in die veld, wat kan lei tot ‘n “interessante seisoen”, sê Scheepers.
Sy raad is om by Lefpa se kenners kers op te steek.
6 May 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min