Man vas vir 100 kg dagga

Loading player...
'n Man is in Carolina betrap met meer as 170-duisend-Rand se dagga. Volgens die polisie is die 28-jaige Sifiso Nkomo aangekla van onwettige daggahandel. Hulle ondersoek ook of hy die dagga van Eswatini die land ingesmokkel het.
Hy is Maandag aangekeer tydens 'n patrollie deur polisielede wat sy bakkie gestop en deursoek het.
Meer as 100 kilogram dagga is in 31 swartsakke ontdek.
Hy is Dinsdag in die hof borgtog van 10-duisend-Rand toegestaan en verskyn weer op 13 Junie.
27 Apr 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min