Innibos hou eersdaags in jou huis teater

Loading player...
En ten slotte: Innibos skop eersdaags af met die In Jou Huis teater-reeks. Vanjaar se fees, met die tema “Heeltyd Feestyd” is ‘n klomp kleiner kuns geleenthede wat deur die jaar versprei is.
Philna Scholtz, Innibos Programbestuurder, sê die musiekteater-reeks skop op 4 Mei af met Johny Klein en Frazer Barry. Soos met verlede jaar se huis-konsertreeks vind dit op uitnodiging by privaathuise plaas, maar alles word regstreeks op 100.5FM uitgesaai.
Op 1 Junie is Bibi Slippers en Jak de Priester aan die beurt, en op 5 Oktober Andries Bezuidenhout en Koos Kombuis.
22 Apr 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min