Lions-klub Nelspruit reik uit na KZN se vloedslagoffers

Loading player...
Die Nelspruit Lions-klub het 'n projek geloods om noodvoorraad in te samel vir mense wat deur die vloede in KwaZulu-Natal geaffekteer word.
Koos Schoonraad van die klub sê dit bied die Laeveld-gemeenskap die geleentheid om hulp te verleen. Alle skenkings as deur Lions-klubs in KwaZulu-Natal versprei na waar dit nodig is. Nie-bederfbare kos, water asook klere en komberse word dringend benodig. Die vragmotor vertrek Sondag.
20 Apr 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min