Plaaslike aktrise wen internasionale toekenning

Loading player...
Die 25-jarige Kristen Raath het die toekenning gewen vir beste aktrise in ‘n kortfilm by die Miami Internasionale Wetenskapfiksie Rolprentfees vir haar rol in die Suid-Afrikaanse kortfliek, “Weapon of Thought”.
Raath, ‘n oud-Laevelder, het aan Hoërskool Nelspruit gematrikuleer.
Sy is veral bekend as Amorey Welman in die sepie, “7de Laan” en het die rol van die jong Katja Kowalec vertolk in “Sade van Genade”, die radiodrama van haar memoir “Those Miraculous Sunflower Seeds”.
Raath sê daar is planne om dit tot 'n vollengte rolprent te ontwikkel.
14 Apr 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min