Witrivier-man gevonnis oor onwettige wapen

Loading player...
Die 39-jarige Warren Macaulay is Vrydag tot 10 jaar tronk toe gestuur, of ‘n 10-duisend-Rand boete opgelê, vir oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, onwettige besit van ‘n vuurwapen en bedrog.
Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi het hy skuldig gepleit op die klagte in die Nelspruit-hof.
Macaulay is in Januarie 2021 in Witrivier aangekeer in besit van ‘n LM5-geweer wat hy by Victor Wilkens wou koop sonder om die wetlike prosedure te volg.
Hy was ook op pad om die vuurwapen te verkoop vir kontant om ‘n kar te herstel.
Wilkens is verlede jaar self skuldig bevind vir die oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens en ‘n boete van 10-duisend-Rand opgelê.
12 Apr 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min