VF Plus vra Groen Skerpioene om Mpumalanga-munisipaliteit te ondersoek

Loading player...
Die VF Plus het ʼn klag ingedien by die Groen Skerpioene teen die Govan Mbeki-munisipaliteit in Secunda vir die wanbestuur van vullisterreine.
Volgens raadslid, Louise Jonker, word daar nie aan minimum vereistes soos toegangsbeheer, brandregulasies, omheining en rehabilitasie voldoen nie.
Sy sê die tarief wat gehef word vir vullisverwydering is die naasgrootste finansiële bydraer tot die munisipaliteit, maar word nie in die departement aangewend nie.
Dit besit ook 'n vloot van 20 vullisverwyderingsvragmotors, waarvan slegs agt tans in werking is.
28 Mar 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min