Brei 'n Bidbeertjie vir Jesus

Loading player...
Noeline Waters is op 'n missie op Bidbeertjies vir Jesus in die Nelspruit-omgewing te versprei aan almal wat die vertroosting wat dit bied nodig het.
Om die projek uit te brei benodig sy mense wat kan help brei of hekel aan die beertjies, hulle kan stop, of die materiaal kan help borg.
Kontak haar by 079-510-6565 of kontak Radio Laeveld by 061-496-4323. Jy kan wol wat jy wil skenk ook by Radio Laeveld se ateljee in Sonpark af kom laai.
As jy kan, kan jy die beertjie ook koop teen R100 elk, wat op sy beurt weer vir 'n volgende gratis Bid Beertjie sal sorg.
24 Mar 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min