Sê jou sê oor beplande wysiging aan regulasies

Loading player...
Die publiek het tot 15 April om kommentaar te lewer op die gesondheidsdepartement se voorgestelde regulasies om Covid-19 en ander mediese toestande buite die ramptoestand te hanteer.
Dit sal wetlike instrumente daar stel om die huidige en toekomstige pandemies te bestuur.
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê die regulasies maak voorsiening dat die minister van gesondheid sonder parlementêre oorsig of openbare deelname regulasies sal kan aanpas. Sy moedig mense aan om daarop kommentaar te lewer.
24 Mar 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min