VF Plus lê plaasaanvalle voor regering se deur

Loading player...
Die VF Plus sê die twee plaasaanvalle die afgelope twee weke in Mpumalanga, bewys dat landelike veiligheid nie ‘n prioriteit is vir die polisie of provinsiale regering nie.
Sondag is die 76-jarige Gustav Rappart op sy plaas buite Delmas vermoor. Op 11 Maart is vier mense vasgebind en gemartel by Mara buite Nelspruit.
Werner Weber sê die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, en die provinsiale polisiekommissaris, Semakaleng Manamela, moet antwoorde gee oor die kritieke tekort aan polisiehulpbronne wat die polisie verhinder om sy werk te verrig.
23 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min