Verdagte gesoek wat kunste-ikoon aanval en beroof

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het 'n soektog van stapel gestuur nadat die internasionaal-bekroonde Ndebele-kunstenaar Esther Mahlangu (87) gewelddadig aangeval en beroof is in haar huis in Siyabuswa, naby Kwamhlanga Saterdagmiddag.
Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê 'n man het haar huis betree en haar gegryp en in haar gesig geslaan voordat hy haar hande vasgebind en haar gewurg het totdat sy haar bewussyn verloor het.
Sy het hulp gaan soek toe sy later die middag haar bewussyn herwin het. Haar huis is geplunder en haar vuurwapenkluis, waarin daar ‘n vuurwapen en kontant was, is weg.
Mahlangu kan glo nie onthou wat gebeur het nie, en het kneusplekke aan haar gesig opgedoen.
Mohlala sê teen Dinsdagoggend is nog niemand in verband met die aanval aangekeer nie.
22 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min