Curro Nelspruit wy Sycamore-teater in met skouspel

Loading player...
Curro Nelspruit het gisteraand amptelik hul nuwe teater, die Sycamore, ingewy met ‘n kultuur skouspel.
Met die tema, "Reik vir die sterre" het leerlinge hul slag gewys agter die mikrofoon, op hul instrumente, met drama-opvoerings en, natuurlik, in dans.
Oud-sterleerlinge Mateo Komlosy en Thando Silinda het ook opgetree. Curro Nelspruit se uitvoerende hoof, Michael Bownes, sê daar is sowat twee jaar gelede besluit om die bestaande skoolsaal in ‘n behoorlike teater te omskep.
Mari Lategan van Curro Holdings het amptelik die rooi lint geknip voor die vertoning begin het.
16 Mar 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min